Sandhills Créche

page1

page2

Baie dankie vir die nuwe klaskamer!

Die Afgelope 3 jaar bars die crèche seisoentyd uit sy nate.

Die behoefte aan versorging van tydelike werkers se kleuters tydens oestyd is groot en neem elke jaar toe.

Ons het besef ons sal moet uitbrei om aan die behoefte te voldoen.  Ons het ‘n donasie van Kerk in Acti deur BADISA ontvang waarmee 2 wendyhuis klaskamers opgerig kon word September 2012.

Ons aansoek by Breadline SA vir ‘n behoueringsklaskamer is reeds April 2012 goedgekeur.  Groot was die opgewondeheid toe die klaskamer Maandag 25 Maart 2013 afgelewer is.

Ons klaskamer ruimtes is nou voldoende om al ons kleuters te versorg.  Ons is in die proses om ons toiletgeriewe ook uit te brei.

Met hierdie verbeterings is ons gereed vir 2014 se oestyd.

Baie dankie  BADISA, Breadline SA, en vir die lê van die fondasie – Dirkie Horn en Pierre van Rensburg!