Sopkombuis

sopkombuis1Tydens die wintermaande wanneer die sneeu wit op die berge lê en daar minder werk in die Vallei is deel ons sop en brood uit aan behoeftige kinders.

Ons deel Maandae uit by 2 punte in Stofland, Dinsdae in Sunnyside, Woensdae in Sandhills en Donderdae in Hasie Square.

Elke punt het sy eie span wat sop en brood uitdeel, evangelisasie versprei en soms ook bybels en klere. Spanne bestaan uit selgroepe of sommer net groupie vriende wat ‘n verskil wil maak.

sopkombuis5Ons is ten volle afhanklik van donasies in die vorm van sop, bestandele of finansieel. Weekliks deel ons ongeveer 110 brode en 630 liter sop uit.

Die nood raak elke jaar groter en daar is altyd ‘n behoefte aan nog sop, brood of net ‘n vriendelike hand wat kan help uitdeel.

As jy voel jy word geroep om betrokke te raak kontak asb vir Natasja by

082 966 9999 of epos natasjabotes@gmail.com

sopkombuis4 sopkombuis3 sopkombuis2