Vrouediens

Die vrouediens van Murray funksioneer anders as by ander gemeentes.  Ons bestaan uit 9 bestuurslede waarvan almal projekleiers is van n spesifieke projek.

(Theresa Smith, Jacqueline Joubert, Zurine Viljoen, Joh.-Maré Wium, Jana Laubscher, Maja Palm, Wilma Wium, Luzaan van Zyl, Anne-Maré Genis)

Ons visie vir 2013 is om soveel  moontlik gemeentelede betrokke te kry volgens elkeen se besondere gawes.  Sodoende probeer ons om die eenheidsgevoel binne die gemeente te versterk.  Die fondse wat ons genereer word dan aangewend om iewers in die gemeenskap van De Doorns n verskil te maak.

Ons program vir 2013:

7   Maart :  Wereldbiddag vir vroue
13 Maart: Vroueoggend met Belia Lourens waar die vroue kan luister na inspirerende verhale uit Belia se lewe.
3   Mei : Sop en brood verkoping.  Diens aan bree gemeenskap.  Fondse gaan vir sopkombuis.
15 Aug :   Senior Ete.  n Bederf vir al ons ouer lidmate.
21 Aug: Gospel aand wat strek oor 3 dae.  Geleentheid vir alle inwoners van De Doorns om die Here se naam groot te maak.
7 Sept: Basaar- Kuiermark
14 Nov: Kersafsluiting.

Alle dames word uitgenooi om betrokke te raak by Murray Gemeente se Vrouediens.

Indien u sou belangstel, kan u die vorm hieronder aflaai en aan ons terugstuur – baie dankie!

Vrouediens Hulp