• Bekendmakings

    Huis Mimosa RONDTEBASAAR

    Hoe werk dit? BESTEL per e-pos of whatsapp of gee bestellingaf by Huis Mimosa BETAAL EFT saam met bestelling of kontant saam met afgee van bestelling HAAL AF Tussen 11:00 en 13:00 op die dag van die basaar by Huis Mimosa Bestelvorm Kliek op die pyltjie om die bestelvorm af te laai Huis Mimosa Huis MimosaABSATakkode 334-207Rek nr: 2450400192

  • Bekendmakings

    Ry-en-Kry Basaar 16-09-2020

    Bestelvorm Kliek op die pyltjie om die bestelvorm af te laai Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat hierdie jaar se basaar gaan plaasvind op:  16 Sept 2020  Dit gaan wel bietjie anders wees as vorige jare en sal in die vorm van ‘n ry-en-kry basaar gehou word. Laai die bestelvorm af en maak jou bestelling en betaling voor 4 Sept 2020

  • Bekendmakings

    Dis amper weer tyd

    https://www.murraygemeente.co.za/wp-content/uploads/2020/08/Amper-weer-tyd-video.mp4 Die Kerkraad het die week besluit ons gaan weer die 13e September 2020 ons kerk samekomste begin. Streng maatreëls gaan in plek gestel word (soos dat daar ‘n maksimum van 50 mense by mekaar mag wees). Meer detail sal volg, maar ons sien uit om almal weer te sien! 🙂

  • Bekendmakings

    Stukkie goeie nuus

    Ons wil net baie dankie sê vir almal wat so getrou, bid, sop kook, betrokke is by sop vir hoop en die kospakkie projek. Ons ervaar dat dit ‘n deur is wat die Here oopgemaak het vir die verspreiding van die Evangelie in hierdie tyd. Deur die gereelde kontak word vertroue met mense in nood gebou. Wat word gedoen: Twee Maandeliks word kospakkies aan 200 gesinne wat geen inkomste het nie uitgedeel deur kontakpersone Weekliks kook 29 kokers sop met bestanddele wat grootliks deur hulself voorsien word. Dit word by Spar afgelewer en van daar versprei. By 10 huispunte in Stofland, Lubisi, Orchard, De Doorns-Oos, Bo Vallei en GG kamp word sop gekook met…

  • Bekendmakings

    Nasionale Biddag

    Ons is baie opgewonde oor die feit dat die President ons land opgeroep het tot ʼn dag van gebed op Sondag 31 Mei 2020. Met publikasie was al die inligting nog nie beskikbaar nie, maar sal soos dit beskikbaar word deurgestuur word op die Whatsapp groepe. Daar word ʼn gesamentlike gebedsgeleentheid beplan vir Sondag 18h30 wat lewendig uitgesaai gaan word waaraan ons kan deelneem. Indien jy nie daaraan kan deelneem nie, bid dan om 18h30 saam vir die volgende sake: Persone wat deur die virus geïnfekteer is Families wat geliefdes aan die dood afgestaan het Persone wat in die voorste linie is om siek mense te versorg Persone wat in…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 5

    Gemaak met unieke gawes en roepings Genade en vrede vir julle! Ons praat die afgelope week oor die Heilige Gees, die Persoon van die Drie-Enige God wat by ons is, in ons en deur ons werk, en wat ons verander om meer soos Jesus te word. Alle gelowiges ontvang die Heilige Gees wanneer hulle Jesus aanneem as Redder en Verlosser. Die Gees oortuig ons ook dat elkeen van ons behoort te groei om meer soos Jesus te word en meer van die Gees se vrug in ons lewe te hê. Maar die Here het ook ons elkeen uniek gemaak, en vir ons elkeen ‘n afsonderlike gawe of gawes gegee waarmee…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 4

    Hoe lyk ‘n Gees-vervulde lewe? Genade en vrede vir julle! Ons praat die afgelope tyd natuurlik oor die Heilige Gees, die Een wat Aarde toe gekom het met die pinkster gebeure. Ons het genoem dat die Heilige Gees ‘n persoon is, maar nie ‘n onbekende persoon nie, Hy is God self, wat by ons is. Ons het ook genoem dat Hy werk om ons tot bekering te bring, en ons te help groei as volgelinge van Jesus. Gister het ons gesê dat jy nie hoef te twyfel of jy die Heilige Gees het nie, want Jesus self belowe ons dat elkeen wat in Hom glo, die Heilige Gees ontvang het.…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 3

    Hoe weet ek ek het die Heilige Gees ontvang? Genade en vrede vir julle! Eergister het ons begin met die vraag: Wie is die Heilige Gees? En ons het gesê Hy is ‘n persoon, nie net ‘n onsigbare krag of teenwoordigheid nie. En Hy is ook nie ‘n vreemdeling nie, Hy is God self. Gister het ons verder gekyk na wat die Heilige Gees doen, en gesê Hy is deel van ons bekering, en ook met die verander van ons as mense om meer soos Jesus te word. Natuurlik kan dit dan by ons die vraag wakker maak: Is ons dan seker ons het die Heilige Gees? En hoe kan…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 2

    Wat doen die Heilige Gees? Genade en vrede vir julle! Ons het gister begin met ons gesprek oor die Heilige Gees, en veral gekyk na die vraag: Wie is die Heilige Gees. Vandag gaan ons verder gesels, en kyk na wat die Heilige Gees doen. Maar dis belangrik dat ons onthou wat ons gister gesê het: Die Heilige Gees is nie ‘n vreemdeling nie, dis God self. Hy is een van die drie persone van God. Vandag vra ons dan die vraag: Wat doen die Heilige Gees? Wat is Sy rol, waar is Hy betrokke, veral ook in my en jou lewe.  Lees gerus Johannes 16:7-8 saam, en julle kan vir…