Ons is baie opgewonde oor die feit dat die President ons land opgeroep het tot ʼn dag van gebed op Sondag 31 Mei 2020.
Met publikasie was al die inligting nog nie beskikbaar nie, maar sal soos dit beskikbaar word deurgestuur word op die Whatsapp groepe.
Daar word ʼn gesamentlike gebedsgeleentheid beplan vir Sondag 18h30 wat lewendig uitgesaai gaan word waaraan ons kan deelneem.
Indien jy nie daaraan kan deelneem nie, bid dan om 18h30 saam vir die volgende sake:
Persone wat deur die virus geïnfekteer is
Families wat geliefdes aan die dood afgestaan het
Persone wat in die voorste linie is om siek mense te versorg
Persone wat in die voorste linie is om die verspreiding van die virus te beperk.
Die president en regeringsamptenare wat belangrike besluite moet neem
Navorsers wat ‘n kuur en entstof ontwikkel vir die bevegting van die virus
Die land en sy mense wat op ekonomiese en maatskaplike gebied oor ‘n wye front uitgedaag word
Kerke, kerkleiers en Gemeente leiers wat moeilike besluite moet neem.
Vriende, die Bybel is vol voorbeelde waar die Here kragdadig ingryp as ʼn land saam sy aangesig soek. Kom ons maak moeite om as land Sondag 18h30 God se aangesig op te soek.