• Bekendmakings

    Dis amper weer tyd

    https://www.murraygemeente.co.za/wp-content/uploads/2020/08/Amper-weer-tyd-video.mp4 Die Kerkraad het die week besluit ons gaan weer die 13e September 2020 ons kerk samekomste begin. Streng maatreëls gaan in plek gestel word (soos dat daar ‘n maksimum van 50 mense by mekaar mag wees). Meer detail sal volg, maar ons sien uit om almal weer te sien! 🙂

  • Bekendmakings

    Stukkie goeie nuus

    Ons wil net baie dankie sê vir almal wat so getrou, bid, sop kook, betrokke is by sop vir hoop en die kospakkie projek. Ons ervaar dat dit ‘n deur is wat die Here oopgemaak het vir die verspreiding van die Evangelie in hierdie tyd. Deur die gereelde kontak word vertroue met mense in nood gebou. Wat word gedoen: Twee Maandeliks word kospakkies aan 200 gesinne wat geen inkomste het nie uitgedeel deur kontakpersone Weekliks kook 29 kokers sop met bestanddele wat grootliks deur hulself voorsien word. Dit word by Spar afgelewer en van daar versprei. By 10 huispunte in Stofland, Lubisi, Orchard, De Doorns-Oos, Bo Vallei en GG kamp word sop gekook met…

  • Bekendmakings

    Nasionale Biddag

    Ons is baie opgewonde oor die feit dat die President ons land opgeroep het tot ʼn dag van gebed op Sondag 31 Mei 2020. Met publikasie was al die inligting nog nie beskikbaar nie, maar sal soos dit beskikbaar word deurgestuur word op die Whatsapp groepe. Daar word ʼn gesamentlike gebedsgeleentheid beplan vir Sondag 18h30 wat lewendig uitgesaai gaan word waaraan ons kan deelneem. Indien jy nie daaraan kan deelneem nie, bid dan om 18h30 saam vir die volgende sake: Persone wat deur die virus geïnfekteer is Families wat geliefdes aan die dood afgestaan het Persone wat in die voorste linie is om siek mense te versorg Persone wat in…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 5

    Gemaak met unieke gawes en roepings Genade en vrede vir julle! Ons praat die afgelope week oor die Heilige Gees, die Persoon van die Drie-Enige God wat by ons is, in ons en deur ons werk, en wat ons verander om meer soos Jesus te word. Alle gelowiges ontvang die Heilige Gees wanneer hulle Jesus aanneem as Redder en Verlosser. Die Gees oortuig ons ook dat elkeen van ons behoort te groei om meer soos Jesus te word en meer van die Gees se vrug in ons lewe te hê. Maar die Here het ook ons elkeen uniek gemaak, en vir ons elkeen ‘n afsonderlike gawe of gawes gegee waarmee…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 4

    Hoe lyk ‘n Gees-vervulde lewe? Genade en vrede vir julle! Ons praat die afgelope tyd natuurlik oor die Heilige Gees, die Een wat Aarde toe gekom het met die pinkster gebeure. Ons het genoem dat die Heilige Gees ‘n persoon is, maar nie ‘n onbekende persoon nie, Hy is God self, wat by ons is. Ons het ook genoem dat Hy werk om ons tot bekering te bring, en ons te help groei as volgelinge van Jesus. Gister het ons gesê dat jy nie hoef te twyfel of jy die Heilige Gees het nie, want Jesus self belowe ons dat elkeen wat in Hom glo, die Heilige Gees ontvang het.…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 3

    Hoe weet ek ek het die Heilige Gees ontvang? Genade en vrede vir julle! Eergister het ons begin met die vraag: Wie is die Heilige Gees? En ons het gesê Hy is ‘n persoon, nie net ‘n onsigbare krag of teenwoordigheid nie. En Hy is ook nie ‘n vreemdeling nie, Hy is God self. Gister het ons verder gekyk na wat die Heilige Gees doen, en gesê Hy is deel van ons bekering, en ook met die verander van ons as mense om meer soos Jesus te word. Natuurlik kan dit dan by ons die vraag wakker maak: Is ons dan seker ons het die Heilige Gees? En hoe kan…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 2

    Wat doen die Heilige Gees? Genade en vrede vir julle! Ons het gister begin met ons gesprek oor die Heilige Gees, en veral gekyk na die vraag: Wie is die Heilige Gees. Vandag gaan ons verder gesels, en kyk na wat die Heilige Gees doen. Maar dis belangrik dat ons onthou wat ons gister gesê het: Die Heilige Gees is nie ‘n vreemdeling nie, dis God self. Hy is een van die drie persone van God. Vandag vra ons dan die vraag: Wat doen die Heilige Gees? Wat is Sy rol, waar is Hy betrokke, veral ook in my en jou lewe.  Lees gerus Johannes 16:7-8 saam, en julle kan vir…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020 – Gesprek 1

    Wie is die Heilige Gees? Genade en vrede vir julle!  Wanneer ons aan Pinkster dink, dan gaan dit natuurlik oon een baie belangrike Persoon, naamlik die Heilige Gees. Pinkster verwys immers na die uitstorting van die Heilige Gees op die volgelinge van Jesus, en omdat ons volgelinge van Jesus is, ongeag watter kerk jy bywoon, word ons ook geraak deur die Heilige Gees.  Maar selfs vir die van ons wat die langste of diepste glo, bly die wese van die Heilige Gees nog steeds iets waaroor ons dalk nie so baie weet nie. So ons eerste vraag is dus:  1. Wie of wat is die Heilige Gees? Bespreek gerus met…

  • Pinkster

    PINKSTER 2020

    Goeie middag Gemeente! Soos julle dalk weet begin ons vanaand met ons Pinkster reeks vir 2020. Natuurlik lyk Pinkster anders as in ander jare, en ons is opgewonde om julle saam te nooi om as gesin of groep saam deur die gesprekke te werk en te ontdek Wie die Heilige Gees is, wat Hy doen, en nog baie meer! Ons wil julle ook graag aanmoedig om in groepe van 5 gesinne saam the Skype, Zoom of Whatsapp call (as julle nie by mekaar kan uitkom nie) en saam die gesprekke te bespreek, om ook by mekaar te kan leer. Ons sal elke dag ‘n kort lysie saamstuur van dinge of…

  • Bekendmakings

    Kerk tydens COVID-19

    Tydens ons nasionale grendeltyd, mag ons ongelukkig nie as gemeente in ‘n gebou by mekaar kom nie. Ons kan wel te danke aan vandag se tegnologie steeds saam staan en mekaar ondersteun en saam groei. Daar sal elke Sondag ‘n preek beskikbaar gemaak word op ons Youtube kanaal. Hierdie ‘link’ sal op whatsapp gedeel word, of jy kan na ons ‘preke’ afdeling op die webtuiste gaan Indien jy nie op die whatsapp groep is nie, kontaks ons gerus om op die ‘broadcast’ te kom Vir meer inligting oor die kerk se posisie tydens COVID-19, laai hierdie dokument af:     KERK TYDENS COVID-19