-
PINKSTER 2020 – Gesprek 5
Gemaak met unieke gawes en roepings Genade en vrede vir julle! Ons praat die afgelope week oor die Heilige Gees, die Persoon van die Drie-Enige God wat by ons is, in ons en deur ons werk, en wat ons verander om meer soos Jesus te word. Alle gelowiges ontvang die Heilige Gees wanneer hulle Jesus aanneem as Redder en Verlosser. Die Gees oortuig ons ook dat elkeen van ons behoort te groei om meer soos Jesus te word en meer van die Gees se vrug in ons lewe te hê. Maar die Here het ook ons elkeen uniek gemaak, en vir ons elkeen ‘n afsonderlike gawe of gawes gegee waarmee…
-
PINKSTER 2020 – Gesprek 4
Hoe lyk ‘n Gees-vervulde lewe? Genade en vrede vir julle! Ons praat die afgelope tyd natuurlik oor die Heilige Gees, die Een wat Aarde toe gekom het met die pinkster gebeure. Ons het genoem dat die Heilige Gees ‘n persoon is, maar nie ‘n onbekende persoon nie, Hy is God self, wat by ons is. Ons het ook genoem dat Hy werk om ons tot bekering te bring, en ons te help groei as volgelinge van Jesus. Gister het ons gesê dat jy nie hoef te twyfel of jy die Heilige Gees het nie, want Jesus self belowe ons dat elkeen wat in Hom glo, die Heilige Gees ontvang het.…
-
PINKSTER 2020 – Gesprek 3
Hoe weet ek ek het die Heilige Gees ontvang? Genade en vrede vir julle! Eergister het ons begin met die vraag: Wie is die Heilige Gees? En ons het gesê Hy is ‘n persoon, nie net ‘n onsigbare krag of teenwoordigheid nie. En Hy is ook nie ‘n vreemdeling nie, Hy is God self. Gister het ons verder gekyk na wat die Heilige Gees doen, en gesê Hy is deel van ons bekering, en ook met die verander van ons as mense om meer soos Jesus te word. Natuurlik kan dit dan by ons die vraag wakker maak: Is ons dan seker ons het die Heilige Gees? En hoe kan…
-
PINKSTER 2020 – Gesprek 2
Wat doen die Heilige Gees? Genade en vrede vir julle! Ons het gister begin met ons gesprek oor die Heilige Gees, en veral gekyk na die vraag: Wie is die Heilige Gees. Vandag gaan ons verder gesels, en kyk na wat die Heilige Gees doen. Maar dis belangrik dat ons onthou wat ons gister gesê het: Die Heilige Gees is nie ‘n vreemdeling nie, dis God self. Hy is een van die drie persone van God. Vandag vra ons dan die vraag: Wat doen die Heilige Gees? Wat is Sy rol, waar is Hy betrokke, veral ook in my en jou lewe. Lees gerus Johannes 16:7-8 saam, en julle kan vir…
-
PINKSTER 2020 – Gesprek 1
Wie is die Heilige Gees? Genade en vrede vir julle! Wanneer ons aan Pinkster dink, dan gaan dit natuurlik oon een baie belangrike Persoon, naamlik die Heilige Gees. Pinkster verwys immers na die uitstorting van die Heilige Gees op die volgelinge van Jesus, en omdat ons volgelinge van Jesus is, ongeag watter kerk jy bywoon, word ons ook geraak deur die Heilige Gees. Maar selfs vir die van ons wat die langste of diepste glo, bly die wese van die Heilige Gees nog steeds iets waaroor ons dalk nie so baie weet nie. So ons eerste vraag is dus: 1. Wie of wat is die Heilige Gees? Bespreek gerus met…
-
PINKSTER 2020
Goeie middag Gemeente! Soos julle dalk weet begin ons vanaand met ons Pinkster reeks vir 2020. Natuurlik lyk Pinkster anders as in ander jare, en ons is opgewonde om julle saam te nooi om as gesin of groep saam deur die gesprekke te werk en te ontdek Wie die Heilige Gees is, wat Hy doen, en nog baie meer! Ons wil julle ook graag aanmoedig om in groepe van 5 gesinne saam the Skype, Zoom of Whatsapp call (as julle nie by mekaar kan uitkom nie) en saam die gesprekke te bespreek, om ook by mekaar te kan leer. Ons sal elke dag ‘n kort lysie saamstuur van dinge of…