Pinkster

PINKSTER 2020

Goeie middag Gemeente!

Soos julle dalk weet begin ons vanaand met ons Pinkster reeks vir 2020. Natuurlik lyk Pinkster anders as in ander jare, en ons is opgewonde om julle saam te nooi om as gesin of groep saam deur die gesprekke te werk en te ontdek Wie die Heilige Gees is, wat Hy doen, en nog baie meer!

Ons wil julle ook graag aanmoedig om in groepe van 5 gesinne saam the Skype, Zoom of Whatsapp call (as julle nie by mekaar kan uitkom nie) en saam die gesprekke te bespreek, om ook by mekaar te kan leer.

Ons sal elke dag ‘n kort lysie saamstuur van dinge of mense om voor te bid in hierdie tyd. Mag dit vir julle ‘n besonderse tyd van ontdekking, groei en gesels wees.

Seën