Stukkie goeie nuus
July 28, 2020
/
Ons wil net baie dankie sê vir almal wat so getrou, bid, sop kook, betrokke is by sop vir hoop en die kospakkie projek. Ons ervaar dat dit ‘n deur is wat die Here oopgemaak het vir die verspreiding van die Evangelie in hierdie tyd. Deur die gereelde kontak word vertroue met mense in nood gebou.
Wat word gedoen:
- Twee Maandeliks word kospakkies aan 200 gesinne wat geen inkomste het nie uitgedeel deur kontakpersone
- Weekliks kook 29 kokers sop met bestanddele wat grootliks deur hulself voorsien word. Dit word by Spar afgelewer en van daar versprei.
- By 10 huispunte in Stofland, Lubisi, Orchard, De Doorns-Oos, Bo Vallei en GG kamp word sop gekook met bestanddele wat geskenk word. Die afgelope 2 weke is sowat 1500 etes gekook van 720kg hoender wat deur die “DoMore Foudation” geskenk is. Dit is gekook en uitgedeel by die 10 punte. Daar is gehou by die reëls van sosiale afstand met die verwerking en verspreiding van die kos (sien fotos).
- ”DoMore Foundation” skenk op ‘n gereelde basis pap en grondboontjiebotter, blikkies kos is geskenk deur ‘n ander bron. Die kos word uitgedeel aan vele gesinne met geen inkomste wat nie versorg word deur bostaande 2 groepe nie.
Die droom is dat daar by elke kospunt en deur elke kontak person wat kospakkies uitdeel. verhouding gebou word met gesinne wat deel is van sy/haar verspreidingsgroep. Op dié wyse word mense oop vir die Lewende brood van die evangelie. Weekliks word dagstukkies aan die mense uitgedeel.
So word elkeen wat gee, bid en betrokke is, deel van dit wat God besig is om te doen in die Vallei.
Die Effek:
- In Lubisi het die kontak egpaar n Bybelstudiegroep en ‘n kinderklub begin. Hulle was self werkloos, maar het intussen begin werk en het verlede week hul dankoffer koevertjie kom aflewer!
- Sondag (19 Julie) het ‘n persoon wat op die kospakkie lys is. sy hart vir die Here gegee.
- Mense waarvoor al lank gebid word, maak ‘n keuse vir God!