-
Huis Mimosa OMGEE MARATHON
3 Oktober begin ‘n groep drawwers ‘n 24 uur marathon om fondse in te samel vir Huis Mimosa
-
Huis Mimosa RONDTEBASAAR
Hoe werk dit? BESTEL per e-pos of whatsapp of gee bestellingaf by Huis Mimosa BETAAL EFT saam met bestelling of kontant saam met afgee van bestelling HAAL AF Tussen 11:00 en 13:00 op die dag van die basaar by Huis Mimosa Bestelvorm Kliek op die pyltjie om die bestelvorm af te laai Huis Mimosa Huis MimosaABSATakkode 334-207Rek nr: 2450400192
-
Ry-en-Kry Basaar 16-09-2020
Bestelvorm Kliek op die pyltjie om die bestelvorm af te laai Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat hierdie jaar se basaar gaan plaasvind op: 16 Sept 2020 Dit gaan wel bietjie anders wees as vorige jare en sal in die vorm van ‘n ry-en-kry basaar gehou word. Laai die bestelvorm af en maak jou bestelling en betaling voor 4 Sept 2020
-
Dis amper weer tyd
https://www.murraygemeente.co.za/wp-content/uploads/2020/08/Amper-weer-tyd-video.mp4 Die Kerkraad het die week besluit ons gaan weer die 13e September 2020 ons kerk samekomste begin. Streng maatreëls gaan in plek gestel word (soos dat daar ‘n maksimum van 50 mense by mekaar mag wees). Meer detail sal volg, maar ons sien uit om almal weer te sien! 🙂
-
Stukkie goeie nuus
Ons wil net baie dankie sê vir almal wat so getrou, bid, sop kook, betrokke is by sop vir hoop en die kospakkie projek. Ons ervaar dat dit ‘n deur is wat die Here oopgemaak het vir die verspreiding van die Evangelie in hierdie tyd. Deur die gereelde kontak word vertroue met mense in nood gebou. Wat word gedoen: Twee Maandeliks word kospakkies aan 200 gesinne wat geen inkomste het nie uitgedeel deur kontakpersone Weekliks kook 29 kokers sop met bestanddele wat grootliks deur hulself voorsien word. Dit word by Spar afgelewer en van daar versprei. By 10 huispunte in Stofland, Lubisi, Orchard, De Doorns-Oos, Bo Vallei en GG kamp word sop gekook met…
-
Nasionale Biddag
Ons is baie opgewonde oor die feit dat die President ons land opgeroep het tot ʼn dag van gebed op Sondag 31 Mei 2020. Met publikasie was al die inligting nog nie beskikbaar nie, maar sal soos dit beskikbaar word deurgestuur word op die Whatsapp groepe. Daar word ʼn gesamentlike gebedsgeleentheid beplan vir Sondag 18h30 wat lewendig uitgesaai gaan word waaraan ons kan deelneem. Indien jy nie daaraan kan deelneem nie, bid dan om 18h30 saam vir die volgende sake: Persone wat deur die virus geïnfekteer is Families wat geliefdes aan die dood afgestaan het Persone wat in die voorste linie is om siek mense te versorg Persone wat in…
-
Kerk tydens COVID-19
Tydens ons nasionale grendeltyd, mag ons ongelukkig nie as gemeente in ‘n gebou by mekaar kom nie. Ons kan wel te danke aan vandag se tegnologie steeds saam staan en mekaar ondersteun en saam groei. Daar sal elke Sondag ‘n preek beskikbaar gemaak word op ons Youtube kanaal. Hierdie ‘link’ sal op whatsapp gedeel word, of jy kan na ons ‘preke’ afdeling op die webtuiste gaan Indien jy nie op die whatsapp groep is nie, kontaks ons gerus om op die ‘broadcast’ te kom Vir meer inligting oor die kerk se posisie tydens COVID-19, laai hierdie dokument af: KERK TYDENS COVID-19
-
Geen kerk op Sondae, so wat nou?
Soos u nou reeds weet gaan daar vir die volgende paar weke nie eredienste in die Kerkgebou plaasvind nie. Ons sal dit verseker mis om Sondagoggende bymekaar te kom. Maar ons glo ook vas dat hierdie ‘n geleentheid vir ons as gemeente is om onsself af te vra hoe ons in ons eie huise en werksplekke elke minuut van elke dag kan besig wees met ‘n tipe erediens. Die ontmoeting met God behoort nie beperk te word tot ‘n erediens op ‘n Sondag nie, maar behoort ‘n daaglikes ervaring vir ons as gelowiges te wees. Ons wil egter nie ophou eredienste hou nie. Wat wel anders gaan wees is waar…