-
PINKSTER 2020 – Gesprek 1
Wie is die Heilige Gees? Genade en vrede vir julle! Wanneer ons aan Pinkster dink, dan gaan dit natuurlik oon een baie belangrike Persoon, naamlik die Heilige Gees. Pinkster verwys immers na die uitstorting van die Heilige Gees op die volgelinge van Jesus, en omdat ons volgelinge van Jesus is, ongeag watter kerk jy bywoon, word ons ook geraak deur die Heilige Gees. Maar selfs vir die van ons wat die langste of diepste glo, bly die wese van die Heilige Gees nog steeds iets waaroor ons dalk nie so baie weet nie. So ons eerste vraag is dus: 1. Wie of wat is die Heilige Gees? Bespreek gerus met…
-
PINKSTER 2020
Goeie middag Gemeente! Soos julle dalk weet begin ons vanaand met ons Pinkster reeks vir 2020. Natuurlik lyk Pinkster anders as in ander jare, en ons is opgewonde om julle saam te nooi om as gesin of groep saam deur die gesprekke te werk en te ontdek Wie die Heilige Gees is, wat Hy doen, en nog baie meer! Ons wil julle ook graag aanmoedig om in groepe van 5 gesinne saam the Skype, Zoom of Whatsapp call (as julle nie by mekaar kan uitkom nie) en saam die gesprekke te bespreek, om ook by mekaar te kan leer. Ons sal elke dag ‘n kort lysie saamstuur van dinge of…
-
Kerk tydens COVID-19
Tydens ons nasionale grendeltyd, mag ons ongelukkig nie as gemeente in ‘n gebou by mekaar kom nie. Ons kan wel te danke aan vandag se tegnologie steeds saam staan en mekaar ondersteun en saam groei. Daar sal elke Sondag ‘n preek beskikbaar gemaak word op ons Youtube kanaal. Hierdie ‘link’ sal op whatsapp gedeel word, of jy kan na ons ‘preke’ afdeling op die webtuiste gaan Indien jy nie op die whatsapp groep is nie, kontaks ons gerus om op die ‘broadcast’ te kom Vir meer inligting oor die kerk se posisie tydens COVID-19, laai hierdie dokument af: KERK TYDENS COVID-19
-
Geen kerk op Sondae, so wat nou?
Soos u nou reeds weet gaan daar vir die volgende paar weke nie eredienste in die Kerkgebou plaasvind nie. Ons sal dit verseker mis om Sondagoggende bymekaar te kom. Maar ons glo ook vas dat hierdie ‘n geleentheid vir ons as gemeente is om onsself af te vra hoe ons in ons eie huise en werksplekke elke minuut van elke dag kan besig wees met ‘n tipe erediens. Die ontmoeting met God behoort nie beperk te word tot ‘n erediens op ‘n Sondag nie, maar behoort ‘n daaglikes ervaring vir ons as gelowiges te wees. Ons wil egter nie ophou eredienste hou nie. Wat wel anders gaan wees is waar…